Jack Parow en Juanita du Plessis

“As Christene is dit vir ons ongemaklik en onvanpas om ’n verhoog te deel met iemand wat godslasterlike uitlatings maak.” So sê Juanita se man aan Rapport oor waarom hulle Skouspel versoek het om eerder nie vir Jack Parow ook te laat optree nie. Skouspel het toe verklaar dat Parow nie kan optree nie, want hy tree reeds op by Aardklop. Interessant dat Juanita ook daar op tree. Dit gaan seker hier om ‘n botsing van waardes. Juanita het sekere waardes wat sy koester. Ek vermoed as Christen sluit daardie waardes vuil taal uit en seker, in die algemeen, Parow se lewenstyl. Albei is musikante wat musiek maak vir bepaalde gehore. Hulle gehore verskil radikaal, soos wat Robbie Wessels se gehoor ook verskil van Juanita se gehoor.

My waardes vermoed ek, verskil van Parow en Juanita se waardes. My persepsie is natuurlik gebou op dit wat ek in die media van hulle sien en hoor, dus hoofsaaklik hulle musiek. Juanita is ‘n Christen, dit deel ek met haar. Parow weet ek nie van nie en ek gaan dit ook nie beoordeel nie. Parow se musiek (oor die radio is dit gesensor) hou ek van, die rymelary is humoristies en byderwets. Juanita se musiek doen dit nie vir my nie. Is al twee goeie musikante? Ek dink so. Doen Parow goed wat teen my waardes indruis? Ja, hy gebruik vuil taal. Doen Juanita goed wat teen my waardes indruis? Ja, sy gebruik haar getuienis om geld te maak. Onthou, dis my waardes, jy mag daarmee verskil. Doen Huisgenoot goed wat teen my waardes indruis? Ja, van hulle artikels dink ek is oneties, maar skinder verkoop. Wat is die doel van skouspel? Is dit ‘n gospelkonsert? Nee, hulle poog om die beste en gewildste Afrikaanse musikante op die verhoog te kry. Dit is ‘n goeie sake besluit want dit gaan vol sale waarborg.

Dus, hoe beoordeel Huisgenoot die saak? Sekerlik van uit ‘n besigheidsoogpunt, Juanita is ons trekpleister. Skouspel is the most profitable annual musical event in Southern Africa and has been running for over 10 years. …Huisgenoot, pays the most successful Afrikaans singers of the previous book-year (in terms of sales) to perform … Tickets for the event are hard to come by and when they go on sale, more than six months prior to the actual event, they sell out faster than soccer World Cup tickets. And they’re not cheap either. The cheapest tickets on Computicket go for R315 and rake in anything in online resales from R1000 to R6 000. http://memeburn.com/2010/09/afrikaans-music-extravaganza-skouspel-upset-by-tweeting-rappers/

Hoe voel Parow daaroor? “Wie is hulle om te judge?”. Hoe voel ek daaroor? Gedurende die Apartheidsjare het Prof Johan Heyns die volgende gesê toe hulle nie ‘n letterkunde prys aan Breytenbach wou oorhandig nie (mense het geredeneer dat dit oneties is om die prys te gee aan iemand wat sulke taal soos Breytenbach gebruik): “Indien die prys nie na die beste Afrikaanse skrywer gaan nie, sal dit oneties wees.” Juanita sing nie verniet nie, sy word betaal. Dis besigheid. Het sy ruimte om haar waardes in besigheid uit te leef? Skouspel gee haar al die geleentheid.

Waaroor gaan dit dan? Deel sy al die ander sangers se waardes, soos bv Wessels en Snotkop? Dis net makliker om te getuig as om te “judge”. Jy hoef minder te verduidelik.

One response to “Jack Parow en Juanita du Plessis

  1. Ek het jou webblad gekry deur memeburn se “trackbacks”. Goeie artikel. ivm Juanita en Parow, ek het so gehoop dat huisgenoot altwee in die skouspel kon hou. Maar hoe gaan jy maak as die sangers God voor gooi as a rede om ander mense te beneder en wat doen dit an die persepsie van Huisgenoot self? Hulle kon veel beter doen.
    shame-pies

Leave a comment