Gebed en jou brein

Mense vra my soms waarom ek mediteer . Baie gelowiges is nog uiters skepties oor hier eeu oue Christelike gebruik. Net omdat dit verlore gegaan het, beteken nie dit het nooit gebeur nie. Maar, terug na die vraag waarom ek mediteer. Die Ou Afrikaanse vertaling het Mat 5:3 vertaal met: “Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” In meditasie gaan dit oor ‘n gesindheid van aflê, ek het niks nodig nie, behalwe die wete: “Ek het God nodig”. In meditasie spandeer ek doelbewus tyd met God. Ek laat alles agter, gedagtes, woorde begeerte en enige byvoordele wat dit mag inhou. Byvoordele? Ja, sommige mense mediteer om stres te verlig ander as deel van ontspanning en selfs om G(g)od te beïndruk of te vertrou dat hy iets vir hulle sal doen of gee omdat hulle so gedissiplineerd leef. Met hierdie klein stukkie agtergrond was dit vir my as gelowige interessant om ‘n artikel in Time te lees wat beweer meditasie kan jou brein verander. “Long-term meditators — those with 15 years of practice or more — appear to have thicker frontal lobes than nonmeditators. People who describe themselves as highly spiritual tend to exhibit an asymmetry in the thalamus — a feature that other people can develop after just eight weeks of training in meditation skills.” Tog sou ek wou pleit dat terwyl daar verskeie voordele aan meditasie is, jy net sal oorweeg om te mediteer om nader aan God te kom, om jou verhouding met die Vader te verdiep. Meditasie bly egter die beste psigoanalise want in meditasie is die Heilige Gees besig om jou van binne te vernuwe. Gaan maak gerus by hierdie blog ‘n draai

Time artikel by: http://www.time.com/time/health/article/0,8599,1879016,00.html

Advertisements