Waaroor gaan Lydingstyd?

Ons is besig om al hoe meascensioner die ou kerklike tradisie van Lydingstyd te herontdek. Vir die vroeë kerk was dit ‘n besondere tyd van afsondering, gebed, vas en die gee van aalmoese. Die waarde van Lydingstyd vir ons as protestante is die herontdekking van geestelike dissiplines. ‘n Dissipline is iets wat jy beoefen om ‘n resultaat te sien op jou poging. Moet egter nie nou die fout maak deur te dink dat jy met jóú dissiplines ‘n resultaat by die Gees kan afdwing nie.

Dit wat in die Lydingstyd of enige ander tyd met jou gebeur, is nie die resultaat van wat jy gedoen het of nie gedoen het nie, maar die genade van die Drie-enige God. Ons dissiplines is eerder ‘n meegee aan dit waarmee God reeds in sy kinders mee besig is.

Kol 2:6 beskryf Paulus die misterie van die eenwording met God en ons wat deur die Paasgebeure ‘n werklikheid geword het. Die misterie van die eenwording met God en ons, verduidelik hy soos volg (vers 12) Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het.

Lydingstyd is ‘n tyd vir voorbereiding op die gebeure van Paassondag waar ons weer opnuut uit die dood wil opstaan. Ons vier die opstanding van Christus elke Sondag, maar in besonder op Paassondag. Ons wil met nuwe harte, nuwe voorneme en nuwe gewoontes opstaan tot nuwe lewe van geloof, hoop en liefde. Ons wil ons van hier tot by die opstanding ten diepste inoefen in die eenwording met God (2 Petr 1:4 Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.)

Moet nie die fout maak deur te dink dat Lydingstyd ‘n tyd van swaarmoedigheid moet wees nie. My geestelike dissiplines, soos vas en afsondering dien om die wolk van angs en spanning wat oor ons hang te verdryf. Ons kam ons hare, trek netjies aan en versorg ons in die algemeen beter, juis om die vreugde wat daar in die lewe is aan ander te toon. Die Son van geregtigheid moet al hoe meer uit ons straal.

Dit bring al hoe meer vreugde na mate ons agter kom hoe ons die begeertes van die liggaam en die hatigheid van die hart deur ons vas, gebede en stilte oorwin. Ons kom agter hoe ons al hoe meer verlig word deur die Lig wat in die wêreld ingekom het. Die besef van die betrokkenheid van God-drie-enig by my en in my is rede vir vreugde en opwinding.

God begeer al hoe meer my berou en belydenis, nie my angs en afgematte gees nie. Ons treur oor ons sonde terwyl ons die lewe vier omdat vergifnis reeds gebeur het. Ons kruisig die ou natuur telkens omdat ons elke more nuut kan opstaan tot die lewe wat as gawe aan ons gegee is. Lydingstyd is in vele opsigte ‘n voorbereiding vir die opstandingsfees van Christus en ook my opstanding saam met Hom, in Hom.

Lydingstyd tyd vir sondebelydenis

kruis kopSonde is ‘n woord wat nie meer populêr is nie. Trouens, daar het bitter min sondes oorgebly. Dis nou behalwe die grotes soos moord of korrupsie of misdaad. Die twee laasgenoemdes moet dan ook regtig groot wees om te kan kwalifiseer as sonde. Tog is Lydingstyd die tyd in die kerklike jaar waar ons maar oor eie ons sonde mag nadink en moet nadink.

Dit behoort egter nie nodig te wees om oor sonde te praat nie. Kinders van God weet hulle het sonde in hulle lewe. Die gevaar is dat ons dalk nie besef hoe gevaarlik sonde in ons lewe is nie. Onbelyde sonde is die enkele grootste oorsaak van ʼn dorre geestelike lewe, onvervulde gebed en stiltetyd, moedelose gesoek na God se wil en verhoudingsprobleme. Sonde kan in twee kategorieë ingedeel, nl. Sonde gepleeg en sonde van versuim. Sonde gepleeg is sonde van woorde, dade en gedagtes/emosies. Sonde van versuim is woorde nie gespreek wat gepreek moes wees, dade nie gepleeg en gedagtes/emosies wat moes gebeur het.

1 Joh 1:8-10 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie. Ongelukkig het baie van ons se belydenis vervlak na: “Here vergewe my my sonde – Amen” Wanneer laas het ons voor God gehuil soos ʼn kind wat werklik berou het oor hoe ons die Vader hanteer? In ons verhouding met die VADER is sonde nie maar net ʼn klompie dinge nie gedoen nie of wel gedoen nie, dit is ʼn verhouding waarbinne ons met die Heilige God staan wat van ons verwag om heilig te wees. (1 Petr 1:15-16 Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”)

Hoe bely ek sonde sodat dit ʼn dissipline word?

Week 1 Berei jouself voor vir sondebelydenis

Dit begin by voorbereiding en die Lydingstyd is juis die tyd daarvoor. Dit wil amper lyk of dit was wat die verlore seun gedoen het. Hy het geoefen om te bely. Hy het hom reeds voor die tyd voorberei. (Luk 15:18-19  Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! 19 Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie. Behandel my soos een van Pa se dagloners.’)

Kom ons begin ons dissipline deur hierdie week baie prakties daaroor na te dink. Sit ʼn halfuur in die week opsy waar jy weet dit is wat jy beplan om te doen – sonde belydenis voor ons Vader. Indien jy reeds in die gewoonte is om te mediteer of stilte te beoefen, dan het jy dalk reeds ʼn plek waar jy by kan gaan sit. Vul nou hierdie periode van tyd met stilte, gebed, bybellees en reflektering. Hou ‘n joernaal van wat jy hoor wat bely moet word. Skryf neer wat jy dalk moet bely.

Week 2 Stilte

Miskien is hierdie stilte dieselfde as ons ander stilte tye. In die stilte wil God ons suiwer. Stilte is die beste manier om by die Gees te hoor wat bely moet word. Dit is wanneer ons uit die stilte kan kom en bewus kan raak van dinge wat verkeer is in ons lewens. Hierdie stilte gaan ons spesifiek binne met die wete dat die Gees aan ons sake gaan uitwys wat nie reg is in ons verhouding met ons Vader nie, en heel moontlik in ook in ons verhouding met die mense om ons. Hier kan die Jesus-gebed baie goed inkom om my rustig te maak. (Jesus, Seun van God wees my sondaar genadig.)

Week 3 Gebed

Gebed is die roep na die Vader om ons tereg te wys! Wie wil tereg gewys word? Dit is teen ons aard. Indien die Heilige Gees nie ons sonde uitwys nie, kan dit ook maklik ontaard in ʼn selfverbeteringsoefening. Dan voel ons teleurgesteld in onsself wanneer ons van ons tekortkominge bewus raak en ons dit probeer aanspreek. Die bewus raak van ons tekortkominge is nie noodwendig die besef van sonde nie.

Ons raak nie bewus van sonde deur te verstaan hoe sleg ons is nie, maar hoe goed God is. Dit is sy Heiligheid wat ons van ons eie onheiligheid bewus maak. Hoe helderder die vertrek verlig is, hoe duideliker sien ons die spinnerakke. Ons wil dus in God se heiligheid inbeweeg sodat Hy ons kan verlig en ons dan die vuil binne ons kan raaksien. Wanneer ons deur God se liefde van ons sonde bewus raak, raak ons ook van sy liefde, genade en vergifnis bewus. Dit is binne God se lig dat ons besef self die geringste vergryp aan die aarde en natuur, is sonde teen God se heiligheid. (Ps 51:6 Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.)

In hierdie gebed bely ons nog nie, want ons het nog nie noodwendig iets om te bely nie. Ons roep die Heilige God aan en bely sy Heiligheid, Sy liefde en Sy genade en smeek Hom om ons te verlig sodat ons die binneste, die donker ego wat op die self gerig is, kan raak sien.

Week 4 Lees

Die Woord van God is die maklikste, en tog ook moeilikste, manier om van sonde bewus te raak. Ons lees graag dit wat vir ons mooi is en lekker op die oor val. Ons skram altyd weg van duidelike uitsprake oor sonde. Kom ons begin in week 4 om die Bybel te lees, maar net die verse waarby geen aantekening gemaak is nie of wat nie onderstreep is nie.

Gedeeltes wat kan help is bv die bergpredikasie in Mat 5-7, 1 Kor 13 oor die liefde of Ps 51. Weer is die waarskuwing dat ons maklik tekste kan kry wat so goed by ʼn ander een se sonde kan pas. In die huweliksverhouding is daar altyd ʼn teks wat ons meen vir my man of vrou of kinders bedoel is, maar tog nie vir my nie. Preek vir jouself en getuig teenoor ander!

Week 5 Refleksie

Die finale stap is om nou te reflekteer oor die wat ons gehoor het, gelees het en aanvoel. Nou moet ons die rol van aanklaer speel. Jy het reeds in jou joernaal aantekening gemaak. Skryf neer wat gehoor was. Ons hoef onsself nie van sonde te oortuig nie. Die HG sal dit duidelik in ons gemoed laat weerklink. Ons probleem is ontkenning. Dit is nie sonde nie of dit is nie regtig so erg nie. Ons rasionaliseer.

Die proses soos tot nou toe uitgespel, hoef nie presies so te verloop nie. Dit is bloot ‘n riglyn om ons Lydingstyd sinvol in te klee. Die uitkoms moet egter ʼn lys wees van sake wat ons duidelik besef sonde in ons lewe is. Moet ook nie die fout maak deur te dink dit is net groot goed nie. Omdat daar dalk vir die eerste keer erns gemaak word met die dissipline van sondebelydenis kan dit moontlik groot sake uit jou verlede wees waarmee jy nog nooit gedeel het nie. Dit kan egter ook “kleiner” dingetjies in ons lewens wees. Alle sonde weerhou ons van die ekstase wat daar kan wees binne die intimiteit met ons Vader.

Week 6 Sondebelydenis

Nou kom ons eers by sondebelydenis! Oorweeg dit ernstig of jy nie by ʼn persoon moet gaan sit wat jou dalk deur moeilike dinge kan begelei nie. Krisisse uit jou verlede, waarmee nog nooit gedeel is nie, gaan dalk beteken dat jy by ʼn medegelowige moet hoor: “God is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid”. Vryspraak! Wat moet jy sê? Wat moet jy nie sê nie? Gebruik dus nou die week om jou joernaalinskrywings voor die Here te bring en bely dit puntsgewys.

Pasop vir hierdie gedagtes:

  • Ek het nie gesondig nie, dis maar net ʼn misverstand.
  • Ek is ʼn sondaar. (Ja, maat wat daarvan?)
  • Ek het ʼn probleem….(Jy is nie by God vir berading nie.)
  • Verskonings maak vir wat jy gedoen het.
  • Ek probeer so hard, maar……(Let go and let God)
  • My vrou/man/kind het dit gedoen daarom….(Moenie verskonings soek nie.)

Hebr 9: 14Hoeveel te meer sal die bloed van Christus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien! Hiervoor het Christus immers Homself as volkome offer deur die ewige Gees aan God geoffer. Wanneer my gewet bevry is, kan ek waarlik vry wees.

Moenie bang wees om voor God te huil nie. Trane is ‘n teken dat die sondaar genade ontvang het en deur die Gees gereinig word. Trane kom wanneer woorde ophou. Dit is die taal van die gees wat deur die HG oorweldig word.

Week 7 Op pad om die Nagmaal saam met die gemeente te vier

Hierdie week bring ons rustig in stilte deur. Ons rus in die Here se vergifnis en sien uit na die tekens van brood en wyn wat van God se genade spreek. Ons geniet ons verhouding met die Vader omdat ons van dinge los gekom het waarop sy Gees ons gewys het. Ons stilte tyd is nou gevul met stil-tevredenheid oor God se vryspraak en genade. Ons berei nou voor vir Goeie Vrydag en Opstanding-Sondag.

Mag jy ‘n geseënde Lydingstyd en, oor 40 dae, Paastyd beleef.

http://www.youtube.com/watch?v=m3L3c23MfC0

Lent 2012 – Ash Wednesday

 

‘When you fast do not put on a gloomy look like the hypocrites..’ (Matthew 6:15)

Lent is an opportunity to put our authenticity to the test. It is so easy to slide gradually away from the truth, to imagine a lot but let practice descend into a role-play that we perform as much for ourselves as to make ourselves look better in others’ eyes. What a relief it is to get back to our real selves and accept ourselves even when we find we are flawed, unfaithful and generally imperfect. We don’t have to make excuses, just to be honest.

To raise the reality check we are helped by an instrument – which is provided by a special practice we take on during Lent. Prayer, almsgiving and fasting are the traditional categories of spiritual practice.

So to cover all bases, we could begin with prayer. Reinforcing our discipline of meditating twice a day. Refreshing our commitment, straightening our posture. Adding a reading of the day’s gospel. Then giving to those in need– if  not materially then in the currency of time or attention or simple acts of kindness. Then fasting – letting go or reducing what we deep-down know is excessive or illusory or unbalanced.

If we do this practice for the right reason, in the right way, why be gloomy? There’s everything in the right practice to make Lent a time for smiling. Fr Laurence