Donker nag van die siel

John of the CrossDie term is deur Johannes van die Kruis gebruik in sy mistieke werk “Die donker nag van die siel” om die reis van die gelowige na binne te omskryf. In hierdie reis beleef die gelowige dan die afwesigheid van God. Waar die verwagting was dat hoe verder op hierdie pad van eenheid met God beweeg word, die ekstase al hoe groter sal word, gebeur die omgekeerde. Die gelowige voel al hoe verder van God – Godverlate. http://www.ccel.org/ccel/john_cross/dark_night.html

Daar gebeur twee dinge in jou lewe wat jou in die donker nag inlei. Die een gebeur deur ‘n krisis in jou lewe en die ander gebeur wanneer jy die weg van stilte begin bewandel.

Wat is hierdie donker nag van die siel?
Jesus verklaar in Joh 12:25-25 “Dít verseker Ek julle: As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in. Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.” Die koringkorrel gaan in die donkerte van die grond in om daar te “sterf” maar op te spring tot nuwe lewe.

Paulus beskryf in Kolossense 2-3 hierdie “afsterf” in terme van Jesus se dood; Vers 20 “Julle het saam met Christus gesterwe…..” Kol 3:1 “Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.” Vers 3 “…want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.”

Die donker nag van die siel is om in die donkerte van die graf in te gaan. Daar sien ek niks meer nie, maar dit is waar Christus reeds vir my wag. Hy lei my daarin, daardeur en laat my saam met Hom opstaan. Voor die verligting en nuwe lewe is die graf eers nodig. Ons hele wese word deur die ontmoeting met Christus in die graf omvorm.

Wat is hierdie omvorming of verligting?
Voordat ek God vind, moet ek Hom eers verloor. Om God te “verloor” is die donker nag. Wat ek egter verloor is my eie idees en beelde oor God. Ek verloor die god wat ek oor jare geskep het en gemeen het, is God. Om los te maak van hierdie bekende beelde van God is pynlik. Onthou, dit is egter net die illusie van God. Diep in my wese is ek besig om God te ontmoet vir wie Hy werklik is. Hierdie eksistensiële krisis kan my laat terug deins en my steeds laat vasklou aan wat ek meen God is. Dit kan ook van weë my eie ego my die geloof laat verloor. Hoe kan daar ‘n ander konsep van God wees as wat ek self gekonstrueer het? Augustinus het gesê: “As jy God kan verstaan, dan is dit nie God nie. As jy God verstaan dan het jy iets anders as God verstaan. Al meen jy dat jy God selfs net gedeeltelik verstaan, mislei jy jouself met jou eie gedagtes.”

Wanneer die Koninkryk van God egter deurbreek, is pyn en vreugde deel van die emosie, pyn oor verlies van die bekende, vreugde oor die nuwe misterie wat in my wese opspring. Deur die verskriklike verlies, word God nuut beleef. Stadig deur die donker nag van die siel kom die openbaring dat verlies van my konsepte oor God, is noodsaaklik vir die sien van Wie God werklik is.

Deur die Lig, wat nie deur die donkerte uit gedoof kan word nie, gebeur daar ‘n tweede ding. Ek ontdek die ware self binne my, die mens wie God my bedoel het om te wees. Hierdie ware mens word egter ook net ontdek wanneer ek die ego aflê. Dit is ook pynlik, die verlies van die ego, maar hierdie verlies is onlosmaaklik verbind aan die eerste aflê. Afwesigheid word omvorm tot intimiteit, intimiteit met die Gans-andere en intimiteit met myself. (Jy moet jou naaste lief hê soos jouself!)

Die donker nag van die siel is dus die opstanding saam met Christus tot verligting. (Ef 1:18 “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, ..” – The eyes of your understanding being enlightened..KJV)

Advertisements

STILTE EN DIE EGO

PotterBinne in my menswees skuil daar iemand wat konstant sy eie begeertes wil bevredig. Jare gelede, wel om eerlik te wees, soms nog steeds, staan die doodsondes in my op, (Trots, Hebsug, Wellus, Woede, Gulsigheid, Luiheid en Jaloesie). Nou egter, as gelowige, kom hulle meer vroom na die oppervlak, soos Johannes van die Kruis (24 Junie 1542 – 14 Desember 1591) hulle omskryf:
1. Trots op my eie geestelike vermoëns.
2. Hebsug – om meer geestelike ervarings te wil hê. Ek is nie tevrede dat daar dan “niks” in my geestelike lewe gebeur nie.
3. Wellus is die begeertes wat in die bewuste na vore kom wanneer ek in my stilte ingaan. Aan die ander kant weer hou my vrees vir hierdie wellustigheid my soms van my stilte.
4. Woede is die gevolg, hetsy van ‘n eerste ervaring en dan ‘n teleurstelling dat daar nie meer is nie of, ‘n ongeduld omdat dit so lank vat om iets te beleef.
5. Gulsigheid na meer maak die siel later siek. Ek wil meer geestelike ervarings hê.
6. Jaloesie staan in my menswees op wanneer ek van ander se geestelike vordering hoor en niemand prys my oor my eie geestelikheid nie.
7. Luiheid. Ek gee moed op met my geestelike dissiplines.

Wie is hierdie ander mens hier binne my? Kom ons noem dit die ego.

Die ego teer op erkenning, is self gerig en kry maklik seer. Ek dink dit is van die dood van die ego waarvan Jesus gepraat het: “Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou.” (Mk 8:34–35). Die worsteling sal lewenslank met ons wees. Paulus het die worsteling geken: “Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.” (Ro 7:18–19)

Hoe kom ek los van die ego? Gelowiges wat deur lyding gaan beleef dikwels die gestrooptheid van die ego. Dit is asof die vuur van die beproewing ons soos goud suiwer. Daar is egter ook ‘n ander manier, soms ook pynlik, baie eenvoudig, maar verskriklik moeilik. Ek praat van die dissipline van stilte.

Stilte is die oefening waar ek weer in die graf van Christus in daal om telkens weer nuut op te staan. Stilte, die dissipline wat die ego te suiwer vra commitment, toewyding. Stilte behels die dissipline om daagliks minstens vir 20 min by die voete van Jesus te gaan sit. Sit regop en met jou oë liggies toe, neem ‘n gebedswoord, soos Maranatha (Kom Here Jesus) en herhaal jou gebedswoord vir 20 min. Moet niks verwag nie, jy is in die teenwoordigheid van die Heilige. Hy is besig om jou te bevry van jou ego.

In hierdie stilte is die Gees van Christus besig om my al meer in die Godsrelasie in te trek. Omvorming is onvermydelik. Ek word gesuiwer deur die beste Psigoanalis, die Gees van God. Wat is die vrug van stilte: Dit is die ontdekking van die vrug van die Gees wat vir ander sigbaar raak, waarvan die grootste die liefde is. In hierdie stille Godgervulde oomblikke plaas God afdrukke van Sy liefde op my hart en ek begin die wêreld sien soos wat Hy dit sien.

Die troos wat ikone bied

mary2Ek begelei die afgelope naweek ‘n retraite vir 15 mense van ‘n NG Gemeente. Ek is aanvanklik skrikkerig want hulle het ‘n sterk “charismatiese” spiritualiteit. Ons lees die teks uit Genesis 18 (Lectio Divina), die drie besoekers wat by Abraham opgedaag het daar by die Terpentynbome van Mamre. (Kom ons hou die oë van ons hart oop vir wanneer die Here by ons verby kom.) Ek waag dit om ook die ikoon van Rublev se drie besoekers saam te bring. Ek verduidelik hoe om ikone te lees. Ikone is totaal nuut vir hulle.

Die groep is egter ontvanklik vir hierdie nuwigheid waaraan hulle blootgestel word. Sondag oggend vra een van die vrouens my watter “prentjie”, van die ma met die kind, is dit wat daar in een van die kapelletjies hang. Ek vermoed onmiddellik dat sy na Maria en die Christuskind verwys. Sy moet my gaan wys. Inderdaad is dit so. Ek verduidelik die ikoon. Dit is Maria, die Theotokos – moeder van God of Godbarende, op haar skoot teen haar wang, die Christuskind. Ek wys op die stralekrans met die kruis in.

Dan vertel sy:

“Heel naweek is dit as of iets my na die kapel trek om hier te kom stil word. Saterdagmiddag is daar iemand wat daar sit en bid en ek wil nie ingaan nie. Vanoggend kry ek die eerste geleentheid om hier te kom sit. Ek het my eie kind vier jaar gelede verloor, dit is steeds pynlik. Maar, vanoggend hier voor die ikoon beleef ek die moeder en kind vertroostend. Ek is so dankbaar dat ek hier kom sit het. Dit het vir my troos gegee.”

Ek het eintlik nie woorde nie. Hoe verklaar mens die misterie dat sy as “charismatiese” Protestant iets beleef van die Theotokos wat haar kom troos? Ek verduidelik dat indien ons Ortodoks was, ons geen spanning met die gebeure sou gehad het nie. Maria, sy leef tog mos, tree vir jou in en bid vir jou. (Hebr 12:1 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het,…..en :22 Maar julle het wel gekom by Sionsberg en die stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met sy miljoene engele, by die feestelike samekoms, 23die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is). Die Heilige Gees het jou hieraan kom herinner.

Ek besef dit is nie “gereformeerde teologie” nie, maar as een na ‘n naweek van stil word by die Here, ervaar dat die Here haar op ‘n besondere manier kom troos, waarom sal ek haar die troos met my teologie wil ontneem?

Wat maak ‘n NG dominee by ‘n Katolieke konferensie?

Gemeenskap vir Christelike Meditasie

Mary1Ek het die naweek van 21-23 September by die Katolieke kerk se nasionale konferensie oor Godsdiensonderrig in skole opgetree. http://www.cie.org.za/news/entry/2nd_national_religious_education_conference_20-23_september_2013_maris_stel/ Hulle is met verskeie programme in hulle skole besig, waaronder die implementering van meditasie. Dit sal deel vorm van hulle program “Restorative Justice”. Hierdie program beoog om oor ‘n periode van tyd waardegebaseerde gedragsverandering by kinders te weeg te bring. In die lig van wat tans by skole aan die gebeur is, kon die program nie op ‘n beter tyd geïmplementeer word nie. Die feite is dat daar baie skole is wat steeds lyfstraf toe pas.

Wat was my as NG dominee se ervaring van die konferensie in besonder, en die Katolieke in die algemeen?

Die bykans 400 konferensiegangers het bestaan uit hoofsaaklik onderwysers en enkele priesters. Die konferensie was kultureel divers. (Die politieke inkorrekte uitdrukking – daar was meer swart en bruin onderwysers, of is dit nou leerkragte, as…

View original post 301 more words

Wat maak ‘n NG dominee by ‘n Katolieke konferensie?

Mary1Ek het die naweek van 21-23 September by die Katolieke kerk se nasionale konferensie oor Godsdiensonderrig in skole opgetree. http://www.cie.org.za/news/entry/2nd_national_religious_education_conference_20-23_september_2013_maris_stel/ Hulle is met verskeie programme in hulle skole besig, waaronder die implementering van meditasie. Dit sal deel vorm van hulle program “Restorative Justice”. Hierdie program beoog om oor ‘n periode van tyd waardegebaseerde gedragsverandering by kinders te weeg te bring. In die lig van wat tans by skole aan die gebeur is, kon die program nie op ‘n beter tyd geïmplementeer word nie. Die feite is dat daar baie skole is wat steeds lyfstraf toe pas.

Wat was my as NG dominee se ervaring van die konferensie in besonder, en die Katolieke in die algemeen?

Die bykans 400 konferensiegangers het bestaan uit hoofsaaklik onderwysers en enkele priesters. Die konferensie was kultureel divers. (Die politieke inkorrekte uitdrukking – daar was meer swart en bruin onderwysers, of is dit nou leerkragte, as wit leerkragte.) Die aanbiddingsgeleenthede het dit weerspieël. (Ek weet nooit of swartmense besig is om te toi-toi of te aanbid nie.) Daar was gesing, selfs in Afrikaans. Die hele geleentheid was gemoedelik en gemaklik – totdat hulle oor seksualiteit begin praat het!

Die Katolieke worstel met dieselfde uitdaging as ons (NG) kerk. Terwyl sommige pleit vir ‘n meer pragmatiese benadering – seks in skole is ‘n realiteit en ons moet die realiteit bestuur, is daar ander wat maan dat daar aan die Bybel en kerk se lering oor die sake vas gehou moet word. Die homoseksuele-debat – presies soos in die NG Kerk, onderwysers wat uitloop oor gesprekke oor homoseksualiteit; Oggendwydings – sommige meen van die stiltes/kaalvoet onder die boom ens. is nie gepas by ‘n katolieke konferensie nie.

Maria! Hulle aanbid mos Maria. Wel, ek het net een keer die naam Maria gehoor en dit was met Sondag se liturgie. Die liturgie het my egter terug geneem na so tien jaar gelede toe ons met vernuwing in die eredienste begin het, baie dieselfde. Ek was trouens verbaas oor jong onderwysers wat by die konferensie opstaan en maan dat ons aan die Bybelseboodskap van verlossing moet vas hou: Jesus Christus is die Verlosser, Hy het vir mense gesterf om hulle van sonde te bevry. En dit in die Katolieke Kerk – bid jou aan, sulke evangelicals!

Gaan lees gerus suster Rose Pacatte, een van die sprekers,  se blog/FB https://www.facebook.com/SisterRoseGoesToTheMovies en spesifiek hierdie lesing wat sy aangebied het http://www.patheos.com/blogs/sisterrosemovies/2013/09/t-h-i-n-k-five-ways-to-bridge-faith-and-culture-in-a-social-media-world

Ek was as Protestant hartlik ontvang. Hulle wou by my weet hoe ons kerk funksioneer, waarmee ons worstel en of ons ook die uitdagings het wat hulle het. Ek het net weer besef dat daar soveel is wat ons by mekaar kon leer indien ons net ons vooropgestelde idees oor mekaar wil laat vaar.

Mnr die President, Die Belydenis van Belhar dwing my om u aan te spreek.

My poging om die Belhar belydenis relevant te maak.

Gemeenskap vir Christelike Meditasie

OlivenhoutboschIn die Belydenis van Belhar (BB), wat uit die worsteling teen Apartheid sy beslag gekry het, bely ons o.a.:

Ons glo …dat hierdie eenheid van die volk van God op ‘n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons mekaar liefhet, gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen…. (dat ons)….saam stry teen alles wat hierdie eenheid mag belemmer of bedreig; (BB)

U regering se beleid van regstellende aksie, waarin sekere dele van die bevolking nie vir poste kwalifiseer, op grond van hulle ras nie, bedreig die eenheid van hierdie land en is besig om rassegroepe op nuut te polariseer.

Ons glo dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees die magte van sonde en dood, en daarom ook van onversoenlikheid en haat, bitterheid en vyandskap, oorwin het; dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees sy volk in staat stel om te leef in…

View original post 474 more words

Mnr die President, Die Belydenis van Belhar dwing my om u aan te spreek.

OlivenhoutboschIn die Belydenis van Belhar (BB), wat uit die worsteling teen Apartheid sy beslag gekry het, bely ons o.a.:

Ons glo …dat hierdie eenheid van die volk van God op ‘n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons mekaar liefhet, gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen…. (dat ons)….saam stry teen alles wat hierdie eenheid mag belemmer of bedreig; (BB)

U regering se beleid van regstellende aksie, waarin sekere dele van die bevolking nie vir poste kwalifiseer, op grond van hulle ras nie, bedreig die eenheid van hierdie land en is besig om rassegroepe op nuut te polariseer.

Ons glo dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees die magte van sonde en dood, en daarom ook van onversoenlikheid en haat, bitterheid en vyandskap, oorwin het; dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees sy volk in staat stel om te leef in ‘n nuwe gehoorsaamheid wat ook in die samelewing en wêreld nuwe lewensmoontlikhede kan bring; (BB).

Die Kerk van Jesus Christus word geroep om nuwe lewensmoontlikhede te bring. U regering maak dit vir die Kerk al hoe moeiliker met bv. staatstenders aan persone met ANC-bande, bedrog en die onvermoë van individue in staatsdepartemente en munisipaliteite, om nuwe lewensmoontlikhede vir mense op die grond te ontsluit.

Die Kerk sukkel om haar rol te vervul deur na die wees en die weduwee, die arm en behoeftige om te sien as basiese infrastruktuur, soos bv skole, water en elektrisiteit en gesondheidsorg nie beskikbaar is nie. Die Kerk het nie die kapasiteit om bv. skole en klinieke te bou en infrastruktuur in stand te hou nie. Korrupte regeringstrukture mors geld wat hiervoor gebruik kan word. Ek spreek u aan omdat u oënskynlik laks is om daadwerklik teen korrupte persone in u eie kabinet en regering op te tree.

Ons glo dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en sal stry teen enige vorm van ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ‘n standhoudende stroom; (BB).

Ek spreek u aan oor die onreg wat gepleeg word deur u eie selfverryking ten koste van miljoene ander. Ek spreek u aan oor verkwisting van belastingbetalers se geld op u eiendom, onlangse private vakansie en bloot die instandhouding van u uitgebreide huishouding. U eie vrees dat inligting oor u op die lappe kan kom, is ‘n bron van kommer en ‘n teken daarvan dat u moontlik onreg in stand wil hou.

Ons glo dat die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy staan, naamlik teen die ongeregtigheid en by die veronregtes; dat die kerk as volgelinge van Christus moet getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hulle eie belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel. (BB).

Ek kan nie daarmee saamgaan dat dit vir my en talle ander voorkom of u en u regerende party bloot eie belange najaag en nie optree ter wille van al die mense van hierdie land nie.

Daarom verwerp ons enige ideologie wat vorme van veronregting legitimeer en enige leer wat nie bereid is om vanuit die evangelie so ‘n ideologie te weerstaan nie. (BB).

Terwyl die Kerk steeds sal voortgaan om vir u en die regering te bid, sal ek nie ophou om o.g.v. ons belydenis u aan te spreek en tot verantwoording te roep nie. Dit bly die Kerk se taak om na die wees en die weduwee, die verontregte en hulle wat in nood is om te sien. Ek versoek u om u en die regering se verantwoordelikheid ten opsigte hiervan na te kom en eie belang op sy te skuif.

Kom ons dien die mense van ons land.