Om oor ons land te reflekteer – Help die Belhar Belydenis ons daarmee?

Apartheid museum race-crop_jpg-1Ek was meer as ‘n maand in die buiteland. Ek het ‘n groot deel in Spanje spandeer, o.a. Santiago en Madrid. Omdat ek deur die land gestap het, was daar baie tyd om met mense te praat. (Sien http://www.johananscamino.blogspot.com/ )

Suid Afrika was altyd op die agenda. Dit het gewissel van mense wat iets geweet het van Mandela tot indringende vrae oor die politiek en misdaad. Ek het ook tyd spandeer in België, selfs ‘n vinnige draai in Holland gemaak. In België was ek by ‘n konferensie van die WCCM (www.wccm.org  ), bygewoon deur mense uit Engeland, Nederland, België, Finland en Denemarke.

Twee sake bly nou maal in my gemoed. Die probleme wat ons hier mee worstel o.a. politieke korrupsie, die toesmeer van skandale en, om baie konkreet te wees, kabeldiefstal, is nie vreemd in Europa nie. In Spanje verduidelik ‘n winkeleienaar aan my dat die toeken van staatskontrakte werk by hulle ook maar soos hier – baantjies vir boeties. Die Nederlanders en Belge vertel hoe hulle treine gereeld laat kom of staan weens kabeldiefstal. (Sien http://www.hln.be/hln/nl/957/Binnenland/ article/detail/1638217/2013/05/23/NMBS-pakt-kabeldiefstal-aan-met-nationaal-actieplan.dhtml )

Ek besef net weer Europa worstel met sy eie probleme. Dit is nie net Suid Afrika waar dit op sekere terreine sleg gaan nie. Brussels is vuil en oorvol emigrante. In Madrid kamp die sluipslapers sommer op die sypaadjies en in Brittanje keer die politiese die BBC om verslag te doen oor korrupsie. (In Detroit, lees ek op die lughawe, neem die polisie 50 min om op jou telefoonoproep te reageer, sien ook http://www.bbc.co.uk/ news/world-us-canada-23369573 )

Daar is egter ‘n ander saak wat al hoe meer in my gemoed opstaan en waarmee ek deur die Europeërs gekonfronteer was. Rassisme! Nee, ek praat nie in die eerste plek van wit teen swart nie. Dit is inderdaad nog lewendig in ons land. Ek praat van ‘n rassistiese regering wat rassistiese wetgewing meer as 20 jaar na apartheid steeds as beleid voor hou.

My besoek maande gelede aan die Apartheidsmuseum het my reeds deurmekaar gehad toe ek instap en vertel word hoe die land op grond van ras verdeel was. Vandag moet landsburgers steeds invul: Wit, Swart, Bruin, Indiër! (Die Europeërs wil my nie glo nie en wil weet wat is Bruinmense?) Is dit nie rassisties nie? Word daar nie juis gediskrimineer o.g.v. ras nie? Dit raak verspot wanneer dit kom by die kies van sportspanne (praat nie eens van die Southern Kings debakel nie) of selfs die bywoon van ‘n konferensie. (Hoe kan ‘n wit jongmens die Wêreldraad van Kerke se konferensie in Suid-Korea gaan bywoon? Vervang haar met ‘n swart persoon van êrens!)

Wat is my punt?

Suid Afrika is ‘n wonderlike land met uitdagings soos meeste ander lande in die wêreld. Ek dink egter dat ons blind geraak het vir die onreg wat teen mense gepleeg word. Ek weet ek veralgemeen. Moet egter ook nie my standpunt wil interpreteer as “hy kla omdat witmense swaar kry nie”. Mense in ons land kry swaar oor rassisme wat deur die regering gepleeg word. Een kundige by ‘n rioolaanleg wat o.g.v. sy ras afgelê word, het implikasies vir alle rasse in daardie gebied.

My vraag: Hoe kan die kerk oor rassisme praat sonder om self rassisties te wees? Ons praat tans oor Belhar. Belhar gaan geen duit verskil maak in die lewe van gewone lidmate indien ons as kerk nie die Belydenis in die praktyk kan laat leef om werklik onreg op hoogste vlak aan te spreek nie. Indien Belhar nét oor kerkeenheid gaan, met geen implikasie vir die lewe van gewone lidmate nie, bly dit ook maar net ‘n politieke oefening.

Is rassisme nie die grootste verdelende faktor in hierdie land nie? Kan die Belydenis van Belhar ons daarmee help?

 “Ons glo… dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en sal stry teen enige vorm van ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ‘n standhoudende stroom;”

Ek het in 1997 die Belhar Belydenis as deel van die Kerkraad van die NG Gem Langebaanweg onderteken. Ek aanvaar steeds die Belydenis.

Sien my poging om die Belydenis te laat lewe:

http://www.eldofam.co.za/pitkos/2011/5/17/waarom-ek-nie-vir-die-anc-sal-stem-nie-na-aanleiding-van-die.html

http://www.eldofam.co.za/pitkos/2011/5/17/deel-2-waarom-ek-nie-vir-die-anc-sal-stem-nie-na-aanleiding.html

Advertisements

4 responses to “Om oor ons land te reflekteer – Help die Belhar Belydenis ons daarmee?

  1. Wens ek kan ook weer vir ‘n maand weggaan- dit was vir my verskriklik moeilik die eerste week terug na die Camino, die nuus van ons land het my oorweldig, nadat ek so veilig gevoel het op die Weg…

    • Inderdaad sukkel ek na ‘n week steeds om my kop by die werk uit te bring. Ek het op die weg nie oor die misdaad na gedink nie maar wel oor die rassisme. Ek het nogal gesukkel om daardie emosie te verstaan. Het die weg my eie rassisme ontbloot, heel moontlik, of het dit my gekonfronteer met ons land se rassisme? Wanneer ek die dinge, wat ons nou al as vanselfsprekend ervaar en onder woorde gebring word soos bv, regstellende aksie, polities korrek en verteenwoordiging aan die europeërs verduidelik het, dan was ek met ongeloof begroet. Dit het my aan die dink gesit. Rassisme soos deur ons regering “beoefen”, is, wat my betref ‘n groter probleem as misdaad. Ek wens ek kon bepaal wat die verband was tussen armoede en rassisme, soos deur die regering as beleid bepaal.

      • Die gevolge is verskriklik. ‘n Jong man het gister gehoor hy het sy werk verloor. Hy het homself gehang, en ek moes dit netnou aan sy ma gaan oordra. Daar is so ‘nb reuse moedeloosheid onder ons jongmense!

        Op ‘n ligter trant- ek het darem weer 9 van my Camino fotos gaan opsit as deel van ‘n fotografie uitdaging daar op my blog.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s