Gebed – om te bid of om nie te bid nie? Dit is die vraag.

Ons praat êrens oor gebed en ek noem dat ek veel vreugde in die mistieke van gebed beleef. In gebed gebeur daar iets intiem tussen God en die bidder. Hierdie intimiteit strek ver verby die gebedslysies van nog meer wil ontvang. Iemand maak toe die opmerking dat in die mistiek gaan dit maar net om nog ‘n klompie kerse op te steek sodat ek maar nog ‘n ervaring kan hê. Ek reageer deur te sê dat ook die mistiek dan vervlak tot nog ‘n egoïstiese oefening waar dit eintlik maar net om myself gaan. Dit is ook my bekommernis oor gebed vandag. Ons bid graag oor onsself en vir onsself. Ek wil goed voel oor myself en God moet daarmee help. Is dit gebed? Is dit nie die rede waarom baie verklaar dat gebed nie werk nie. Ek vra so baie en kry so min.

In meditasie leer ons deelnemers om in stilte ‘n enkele gebedswoord te herhaal. Om in stilte by God te rus, wil ons alles laat gaan, alle gedagtes. In die proses word die gebedswoord die fokus van ons aandag. Ons dink nie aan iets nie, maak nie saak hoe vroom nie.  Ons poog ook nie om tot nuwe insigte te kom of nuwe antwoord op lewensvrae te ontvang nie.  Soos John Main sê, ons laat alles wegval in die al hoe dieper stilte waar net die gebedswoord weerklink.

Die gebedswoord leer jou geduld. Geduld is nodig om in stilte te sit en niks te verwag nie. Geduld is nodig om net met die gebedswoord te sit. Dit leer jou ook nederigheid. Dit vat nederigheid om elke dag in stilte te sit en te vrede te wees met net dit, ek rus by God. In stilte probeer ek nie God te verstaan, of tot groot nuwe insigte oor God te kom nie.  Ons wil die realiteit van die gawe van ons eie lewe ontdek. Wanneer ons in stilte tot die ontdekking kom, dat my lewe ‘n gawe is, word my lewe ‘n gebed vir ander. Ongelukkig vra dit geduld, stilte en nederigheid.  Hierdie “waardes” is egter dikwels in ons spiritualiteit afwesig.

Om dus af te sluit waarmee ek begin het. Die essensie van meditasie, die kern waaroor dit gaan, is om die eie ek en sy begeertes en behoeftes agter te laat. Ons wil loskom van die ego-visie want ego-visie word beperk deur selfgesentreerdheid (Main). Die oë waarmee ons eindeloos kan sien is die oë wat die self nie meer raaksien nie. Die paradoks van meditatiewe gebed is dat wanneer ons ophou om te wil sien en te besit, sien ons dat alles ons reeds gegee is en dat ek vir niks meer hoef te vra nie. Dan word gebed ‘n intieme eenwording met God.

Verwysings na John Main, ESSENTIAL WRITINGS, ed. Laurence Freeman (Marynoll, NY: Orbis, 2002), p. 109.

 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s