GOD

Om “God” te kan sê, is genoeg. God se grootheid en genade is so omvattend dat  ek net na Hom kan roep in een word en Hy sal hoor. Trouens, ek hoef selfs nie te roep nie, ek kan gewoon in Hom rus en Hy sal rus gee. Tog leer die Bybel dat ons ook “Vader” mag sê, en ook Jesus en Heilige Gees. God is egter nie ‘n man nie. Net soos my vrou nie ‘n Engel is omdat ek vir haar “engel” sê nie. Ek probeer iets sê van wat sy vir my beteken.

Om God dus Vader te noem, gee die Bybel aan ons taal om iets van God te omskryf. God se grootheid kan egter nie met menslike taal omskryf word nie. Die Bybel beskryf God ook in terme van ‘n ma of vrou. Ek noem net een voorbeeld. Deurt 32:11-12 As an eagle stirreth up her nest, fluttereth over her young, spreadeth abroad her wings, taketh them, beareth them on her wings: So the LORD alone did lead him, and there was no strange god with him. (KJV). Selfs die mans wat die Afrikaanse vertaling van die Bybel behartig het, kon nie die vroulike vorm, soos dit hoort, vertaal nie. Vir hulle was dit vreemd dat God as ‘n vrou uitgebeeld kon word.

Dit is egter nie die punt nie. God is baie groter en anders as wat ons meen Hy is. Die Ou Testament vertel ons hoe Israel gesukkel het om te verstaan dat God anders as die afgode is. Hy bly, byvoorbeeld, nie agter in Juda wanneer die Jode na Babilonië weggevoer word nie. Hy bly nie (net) op die bergtoppe waar die afgode se altare en gewyde pale staan nie. Hy is ook in die vlaktes by sy mense. Hy is by die mens, in die mens. Hy is!

Die God wat ons aanbid, is alomteenwoordig. Hy is nie soos die Duiwel/Bose wat op net een plek op ʼn slag kan wees nie. (Ek wonder soms wanneer ons so oor die Duiwel praat, asof hy orals ten alle tye teenwoordig is…..).

Miskien is die belangrikste kenmerk van God, Sy genade. God word mens om mense van sy liefde te oortuig. Wanneer Jesus, waarlik God en waarlik mens, hier op die aarde in die stofstrate van Jerusalem en omgewing rondloop, dan demonstreer Hy iets van die genade, liefde en omgee. Hy is in Sy liefde insluitend wanneer Hy die prostitute omarm, met vroue in die openbaar praatjies maak, gaan kuier by die swak karakters van die dorp en aan tafel toelaat dat ʼn vrou hom met olie salf (Lukas 7:36-50). God het in die oë van die gelowiges nie so gewerk nie. Maar, die ware God, Skeppergod, werk tog so. Daarom kan ek elke oggend na my meditasie van my knieë af opstaan met die rus dat “God” genoeg is. Ps 46:10 Be still, and know that I am God (KJV).

Advertisements

2 responses to “GOD

    • Jan, met die eerste deel kan ek nie verskil nie: Ek het inderdaad nog baie om te leer van God – Die Bybel is natuurlik een openbaring van Hom. My verbeelding speel sekerlik ook ‘n rol, ‘n verbeelding wat gevorm is deur die Pasga-misterie. Ek luister graag na jou verduideliking/verstaan van die God van die Bybel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s