MEDITASIE – BERG OP.

Om te mediteer is om die berg na God op te klim, daar waar Jesus, Moses, Elia, Petrus, Johannes en Jakobus is. Die pad is steil en vol struikelblokke, maar hoe hoër jy klim, hoe meer raak jy van die heerlike teenwoordigheid van God bewus. Die los klippe van gedagtes wil jou laat omdraai. Hou aan met jou woord “Maranatha”. Die beloning om in die teenwoordigheid van God in te gaan en daar te kan vertoef, maak alles die moeite werd. Weet egter dat jy weer die berg moet af om die heerlikheid te gaan lewe. Net om more weer te begin klim. Maranatha!

Advertisements

2 responses to “MEDITASIE – BERG OP.

  1. Ek sit hier in die VSA in ‘n hotel in Washington en lees die jongste bydraes tot die www

    Wat my veral oor Johan se bydrae geïnteresseer het, was die feit dat ek my eerste dag in die VSA Thomas Merton, se boek “The seven storey mountain” raakgeloop het.

    Terloops, ek kon dit nie in SA opspoor nie.

    Thomas se pad om Trappist te word, was om die berg na God op te klim, (vandaar die “Mountain” in die titel van die boek) daar waar Jesus, Moses, Elia, Petrus, Johannes en Jakobus is. Sy pad was steil en vol struikelblokke, maar hoe hoër hy geklim, hoe meer het hy van die heerlike teenwoordigheid van God bewus geraak. Die los klippe van gedagtes het hom kort-kort op die punt van omdraai gehad.

    Ek kon die boek gister klaar lees want in hierdie land met sy lang afstande tussen punte, is daar baie leestyd.

    Ek het hier ‘n ander boek raakgeloop waarmee ek nou stoei. “Compassion and Meditation – The spiritual dynamic between Buddhism and Christianiy”

    Terloops: Oos Wes, tuis bes Ek is binnekort tuis

    Willem

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s