Paasfees lê a
gter ons en al wat ons oor het, is afgemerkte paaseiers in die winkels en ekstra kilo’s om af te skud. Dit is dalk nou ‘n goeie tyd om oor die Paasfees te reflekteer. Uit Frankryk berig my dogter, Hesta, soos volg oor die Paasgebeure by Taize (Gaan kyk by http://www.taize.fr/en_article12302.html ): “Donderdagaand voor Goeie Vrydag het al die broers gedurende die diens mekaar se voete gewas en ook die van die kindertjies wat in die kerk was. Vrydag was daar in die oggend ‘n diens. Die middag, so voor 3 het ek kerk toe gegaan en gaan bid. Om 3 uur het hulle die klokke gelui, alles by Taize het stil geword. Die aand was daar meer as 5000 mense in die kerk. Ek moes later vir hulle sê dat, hier is nie meer plek nie en dat hulle na die tent buite moet gaan. Daar is die aand met die kruis om die kerk geloop en dis mos maar altyd mooi”.
Ek wonder oor die opwinding, wat ek net met die lees van haar e-pos bespeur en ook met die luister op die internet. Die gesekulariseerde Europese jeug wat in massa na Taize stroom om daar God in stilte te gaan ontmoet. Dalk is dit ‘n druppel in die emmer. Hulle kan net ongeveer 5000 jongmense per week akkommodeer. (Maar, dit is van Maart tot Oktober ‘n konstante stroom van 5000 jongmense per week.)
In Suid-Afrika is daar jaarliks die uittog van duisende Zioniste na Moria net buite Pietersburg om ook daar iets van die Paasgebeure te beleef. Ons kerke (gereformeerd) is natuurlik gedesentraliseerd en daarom ken ons nie regtig so ‘n massasaamtrek oor die Paasnaweek nie. Ek het wel in Egipte beleef dat t.s.v. verskeie kerke reg oor Kairo, daar ook sulke massabyeenkomste by die kerke is. In so ‘n mate dat lidmate buite om die kerke moet sit en op TV die dienste moet volg (Vrydagdiens 08:00 – 17:00!).
Ons moet egter eerlik wees met onsself. Paasfees is nie regtig ons groot Christelike fees nie. Ons gaan met Kersfees ook see toe, maar daar maak ons moeite met Kersdienste op die strand en om tog saam met die familie in die kerk te kom. Nou moet ek erken, ek het hierdie jaar op TV-nuus verskeie Paas-opvoerings gesien. (Is daar dalk ‘n oplewing wat Paasfees betref?)
Kan dit wees dat ons onbewustelik terug deins vir die skrikwekkende van die deel van ons geloof: God wat aan ‘n kruis sterf (soos Luther dit gestel het). Ons Protestantse kruise is immers leeg, Hy het opgestaan, Hy hang nie meer aan ‘n kruis nie.
Tog wonder ek of ons nie Christus weer terug op die kruis moet plaas nie, sodat die lydende God ons met ons eie broosheid kan konfronteer en ons in ons eie lyding kan troos. Victor Frankel het gesê dat die lewe sinvol raak wanneer ek my lyding sinvol beleef. Dit voel vir my asof ons lyding ten alle koste wil vermy en wil ontken, so asof daar in ons geloof nie ruimte vir lyding en swaarkry is nie. Dalk kan ons met ‘n skuif in fokus, terug na die lydende God, weer sin in ons eie lyding ontdek. Dit kan goed wees indien ons die lyding van Christus oor die Paastyd herdenk. Dit kan goed wees indien ons weer opgewonde kan raak oor Christus se lyding.

Kom volgende jaar naar Robertson
.
More seriously, at least from an Orthodox perspective, I’m not sure that it’s simply enough to rediscover the suffering Christ if that suffering is not also a victorious and transformative suffering. Looking at the depictions of the the crucifixion that I have encountered among South African Christians recently, one seems to be left with the choice between the Cross seen in juridical terms of divine retribution (substitutionary atonement etc) or the Cross as Christ’s identification with our suffering (liberation theology etc). While I have generally been inclined to favour the latter, I’m not sure how much that really helps us if it remains there, as it all-too-often seems to do. By contrast, the early Fathers saw the Cross as Christ’s victory over the forces of death. That is why in the Orthodox iconographic tradition even the crucifixion is never portrayed in a way in which suffering has the last word but it shows rather the transfiguration that shines through in His victory over death.